Monday 28 December 2020

UITTREKSELS UIT: “Wie is Ek?” “Wie is Ons?” – Diere van Afrika Stel vir Jou Raaiseltjies – Reeks 2


Elke reeks bevat veertien kort raaiseltjies. Hulle word aan die jong leser gestel deur ses soogdiersoorte, vyf voëlsoorte, twee ordes insekte en een groep ‘reptiele’. Elke raaisel is geïllustreer met uitstekende fotos. Kom meer te wete oor elke spesie of groep se kenmerkende persoonlikheid, eienskappe en eienaardighede deur te probeer om die vrae te beantwoord “Wie is Ek?” en “Wie is Ons?”.
 
Om hierdie boekies by jou gunsteling eBoek verskaffer te kan vind, volg die skakel
https://books2read.com/ap/8NkvaJ/Tnreb-Rekabnessiev
 
 
My Naam is Xerus inauris – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Ek is 'n knaagdier; dit beteken dat my voorste tande, my knaagtande, baie langer is as jou voorste tandjies. Myne is ook vlymskerp. Hulle werk soos beitels as ek 'n harde peul of die dop van 'n neut moet oopkou. Ek hou van sade, peule, knolle en van sommige sappige blare. Soms eet ek blomme en vrugte as ek hulle kan vind. My pote eindig in kort skerp kloue – ek kan daarmee peule of vrugte vashou terwyl ek aan hulle knaag.
 
 
My Naam is Bucorvus leadbeateri – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Omdat ek nie hande het nie gooi ek met 'n ruk van my snawel my kos op in die lug – dan vang ek dit in my mond sodat ek my kos in een stuk kan afsluk. Anders as jy kou ek nooit my kos nie. Jy sal vir my lag as ek bely dat ek soms 'n paar keer moet probeer om 'n kriewelende sprinkaan of klein paddatjie gesluk te kry.
 
Weens my pa se diep stem het ek die naam bromvoël gekry. Ek weet dat jy dit só uitgewerk het. Maar het jy ook geweet dat my wetenskaplike naam Bucorvus leadbeateri is?
 
 
Ons is die Skarrelende Vliesvlerkige Insekte van die Orde Hymenoptera – Wie is Ons?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Een van die interessante feite oor ons wat jy miskien al van weet is dat ons almal vroutjies is wat saam in 'n nes bly. Meer as dit, ons is ook almal susters wat saam met ons ma, die koningin, bly. Ons ma lê al die eiers waaruit ons nuwe sustertjies sal broei. Soms lê ons ma ook eiertjies waaruit ons boeties sal broei, maar ons boeties mag nie lank saam met ons woon nie. Sodra hulle groot genoeg en gereed is, smyt ons hulle uit die nes uit. Hulle moet dan ver vlieg om vir hulleself 'n skuiling en kos te vind, en natuurlik ook 'n prinsessie wat dan haar eie nes en familie alleen sal begin.
 
 
My Naam is Ceratotherium simum – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Op my gesig dra ek twee enkel ‘horings’ wat van gekompakteerde hare gemaak is. Hulle is eintlik nes jou vingernaels en nie rêrig horings nie. My ‘horinkies’ is nog kort maar my ma s’n is baie groot. By haar is die voorste een langer en effens meer na bo gebuig; die een daaragter is korter en meer driehoekig van vorm. Ons gebruik ons horings meestal om onsself teen vyande te beskerm; dan baklei ons soos musketiers van oud met hulle swaarde.
 
 
My Naam is Terpsiphone viridis – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

My pa het die langste oranje stertvere gehad wat ek nog gesien het. Hulle was meer as twee keer langer as sy hele lyf. As hy deur die lug gesweef het, het hierdie pragtige vere agter hom gewapper soos baie lang vaandels wat in 'n sterk wind flapper. Ek is nog 'n bietjie jonk – my stertvere is nog nie heeltemal so lank soos my pa s’n was nie.
 
 
My Naam is Aepyceros melampus – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Die speletjie waarvan ek die meeste hou het nie 'n naam nie, maar jy kan hom seker ‘gedêng-gedêng’ noem. Ons staan rustig saam met ons maats in 'n groot groep sodat ons ma’s dink ons is soet. Skielik hardloop ons almal in wye kringe deur die bos; ons volg mekaar en probeer die eerste wees deurdat ons kortpaaie tussen bossies vat of met lang spronge dit oor 'n hindernis waag. As ons ma’s kwaai raak, staan ons weer stil ... tot die volgende keer.
 
 
Ons is die Vierpotige Diere Met 'n Skubbige Vel wat Water-lewende Jagters is – Wie is Ons?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Ons is nader familie van voëls as wat ons familie van die ‘reptiele’ is. Ons behoort aan 'n baie ou geslag van diersoorte wat die voëltjies insluit. Ons is dus glad nie ‘reptiele’ nie, soos julle mense voortgaan om ons te noem.
 
Daar is baie min soorte van ons wat jy in Afrika sal kan teëkom. Ons almal leef en maak jag op ons prooi in water. Voordat mense op ons jag gemaak het vir ons velle was ons meer volop. Die grootste van ons soort kom nog redelik wydverspreid in Afrika voor. Jy sal ons tog nog maklik in die groter riviere, moerasse, mere en damme, en selfs in strandmere en riviermondings, van suider en oostelike Afrika kan vind. Ons leef net nie in die hoë gebergtes en die woestynareas nie. Nog 'n reuse soort sal jy net in die Nyl van Noord-Afrika kan teëkom. Daar is ook twee baie kleiner soorte wat in die riviere in die oerwoude van noordwestelike Afrika leef.
 
 
My Naam is Sagittarius serpentarius – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Ek het my gewone naam óf van die Franse óf van die Arabiere gekry. Jy sal aan die einde van hierdie kort raaisel weet hoekom dit só is. Jy sal ook weet hoekom ek een van die keuses bo die ander een verkies. Jy sal ook uitvind dat die wetenskaplikes van ouds 'n groot fout gemaak het toe hulle op my wetenskaplike naam besluit het.
 
 
My Naam is Helogale parvula – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Ek eet meestal klein insekte soos kewers. Ek eet ook erdwurms as ek hulle met my skerp naeltjies aan my pote uit die los grond kan uitgrawe. Ek hou ook daarvan om skerpioene te eet wat ek onder boomtakke of klippe in die veld vind. Soms kry ek dit ook reg om 'n akkedissie te vang. Ek hou glad nie van miere nie omdat hulle baie suur proe. Ek is seker dat jy ook voorkeurkos het wat jy eerder as enige ander kossoort sal eet.
 
Weet jy wie ek is? Jy is reg, ek is 'n dwergmuishondjie. Die slim wetenskaplikes het vir my die naam Helogale parvula gegee.
 
 
My Naam is Ploceus velatus – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Ek moet nog baie leer. Watter blare is goed om mee te vleg? Watter soort knoop moet ek waar insit dat die nes wat ek bou sterk word? Ek besef ook dat ek 'n hele aantal neste sal moet bou en herbou voordat ek 'n pragtige vroutjie of twee sal kan tevrede stel.
 
As ek eers 'n nes gebou het, sal ek hom moet adverteer. Ek sal op 'n takkie naby my voltooide nes moet sit en luidkeels sing terwyl ek my vlerke fladder. Ek sal ook onder aan die nes moet hang terwyl ek sing en vlerke swaai. Dan is daar ook die gevaar dat 'n indringer my van my eie nes sal kan wegjaag. Omdat ons meestal in 'n groot bondel saam nes maak is daar altyd die gevaar dat 'n ander mannetjie jou nes en een van jou vroutjies sal steel. Dit sal baie van my vat om my eerste familie te kan groot maak.
 
 
Ons is die Tweevlerkige Insekte van die Orde Diptera – Wie is Ons?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Wat is die belangrikste leidraad oor wié ons is? Ons het net een paar vlerke! As jy ooit nie seker is watter inseksoort jy besig is om te aanskou nie, tel net die vlerke. Ons vlerke is membraanagtig en vir vlieg aangepas. Hulle is redelik groot en het meestal 'n ovaal vorm. Omdat hierdie vlerke deurskynend is, breek hulle sonlig in sy verskillende kleure op. Jy kan dus al die kleure van 'n reënboog op ons vlerke sien dans. In sommige soorte word hierdie kleurvolle skouspel as seine gebruik om 'n maat mee aan te lok.
 
 
My Naam is Syncerus caffer – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Ons leef in groot troppe saam om ons teen ons grootste vyande, die leeus, te beskerm. As hulle probeer om ons te jag hardloop ons in 'n bondel weg. As hulle egter een van ons bedreig, draai ons om – dan is die lawwe leeus sommer in die moeilikheid want ons kan hulle baie seermaak deur hulle met ons horings te gaffel.
 
Mense sê dat ons nors is. Ek dink dit is 'n fout – ons is vriendelik solank jy ons nie kwaad wil aandoen nie. As jy moeilikheid by ons soek sal jy dit kry net omdat ons mekaar sal verdedig. Ek dink jou familie tree ook só op as daar gevaar dreig.
 
 
My Naam is Bubulcus ibis – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

Ek het 'n korterige, reguit nek wat nooit 'n kink in het nie, anders as die meeste voëlsoorte wat na aan my verwant is. My kop is rond maar ek het 'n sterk, reguit, swart snawel wat na 'n skerp punt toe loop – dit laat my kop 'n bietjie driehoekig lyk. Met my snawel kan ek maklik my prooi tussen grasse of blare oppik en vas hou. Al is my geel oë klein, is hulle baie skerp en ek sal die kleinste beweging raaksien.
 
 
My Naam is Lycaon pictus – Wie is Ek?
 
This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. If you like it, you may share this image as presented here under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-NoDerivs 3.0 License (CC BY-NC-ND 3.0). NO OTHER USE OF THIS IMAGE is permitted without the express consent of the photographer.   This image is Copyrighted © Berndt Weissenbacher/BeKaHaWe. NO USE OF THIS IMAGE is permitted without express consent of the photographer.

My pels is van digte, sagte lang hare gemaak. My hele lyf is versier met blertse en blokkies van wit, goudgeel, rooi-bruin en swart patrone. Almal van ons het 'n unieke skakering – jy sal nooit twee van ons vind wat eenders lyk nie, al soek jy vir jare aaneen. Ek kan dus almal in my groot familie uitmekaar ken; soms is dit natuurlik nie 'n goeie ding nie – as ek stouterig is weet almal onmiddellik dat ek die skuldige is.

No comments:

Post a Comment